Blikbekergarnale

Blikbekergarnale

Bestandele:

24 garnale
1 Koppie botter
6 Knoffelhuisies, fyngedruk
1 Teelepel seesout
6 Eetlepels gevlokte amandels
3 Eetlepels gekapte pietersiele
Swartpeper na smaak

Methode:

  • Maak die garnale skoon – trek die dermpie uit en breek die kop en stert af
  • Verdeel die botter en die res van die bestandele tussen 4 blikbekers en pak hulle oor die kole sodat die botter kan smelt.
  • Sit 6 garnale in elke blikbeker en bedek die bek van die blikbeker met `n stukkie bakpapier of foelie wat jy met tou vasbind.
  • Stoom die blikbekers vir 4 minute oor warm kole – as die garnale pienk raak is hulle reg.
  • Sit die warm garnale en botter voor met `n lekker brood waarmee jy daardie heerlike knoffelsous kan opvee.

Bron: Netwerk24.com